on 17 August 2026
Operasie Kropduif (die aanval op Eheke) op 28 Oktober 1977, sou die donkerste dag in die geskiedenis van die Suid Afrikaanse Spesiale Magte se bestaan wees. Nadat die Suid Afrikaners aan Angola onttrek het in 1976, sou Swapo die geleentheid gebruik om operasionele basisse bykans teen die SWA grens te vestig. Hierdie basisse is vanaf twee groter streeks hoofkwartiere ondersteun. Cassinga sou die sentrale deel van Swapo se aanvalle op die SWA grens ondersteun, en Eheke die oostelike deel van Owamboland en die Kavango. Daar is besluit om Eheke eerste aan te val. Drie kompanies van die nuwe 32 Batteljon sou te voet oor die grens, en Eheke vanaf die suide aanval. Op dieselfde tyd sou 'n groep van die Verkennings Kommando's, noord van Eheke afgeooi word, en met eerstelig die basis uit die noorde aanval. Alles het van die begin verkeerd gegaan. Die Spesiale Magte is sowat 15 kilometer te ver noord uit die vliegtuie gelaat. Om dinge verder te kompliseer was die terrein plat en sonder bakens. Eers teen dagbreek was die verkenners in 'n situasie om sinvol te kon navigeer. Toe Drie Twee nog ook halfpad na die teiken, teen 'n verwoede Swapo mag vasloop is daar met reg gevra of die operasie nie afgelas moes word nie. Ook veterane soos Sers Maj FC van Zyl vra vrae. Die bevelvoerende offisier Brig Gleeson, in Rundu het teen die beter wete van die grond bevelvoerders besluit dat die operasie moes voortgaan. Toe gebeur 'n volgende tragedie. Eheke het uit 'n groter kompleks bestaan as wat die foto interpretasie kenners raak gesien het. Behalwe vir die basis in die suide was daar ook 'n basis in die noord ooste. Hierdie kompleks is totaal misgekyk. Teen drie uur die middag loop die verkenners in 'n trop beeste vas. Die veld was bebos maar onder is die hout en dekking verwyder. Die bees wagtertjie wys na die loopgrawe voor hulle. Die Operateurs vorm 'n linie met die ondersteunings groepe na agter. Aan die linkerkantste buite flank is Michiel 'Vingers' Kruger met 'n RPG, dan aan sy binnekant, Gert Eksteen met 'n LMG, dan FC van Zyl, Wentzel Marx met 'n LMG, Gary Walker met 'n RPG, Grant Clark, nog een, dan Antonie Badenhorst en dan Luit Chris Strydom. Aan hulle regterkant is nog groepe besig om vorentoe te beweeg. Dan bars alle hel los. Die seksie aan die linker flank het vasgeloop in die deel waar die basis se loopgrawe 90 grade wegswaai van die lyn van die aanval. In plaas daarvan