by
Anthon van der hoven on 10 April 2012 · via
sourceEk onthou jou ou maatjie,ek onthou hou ons moes saam wagstaan,saam in n slaapsak slaap on die koue ,saam pt gejippo het in die russiese tenk op die basis.As ek aan jou beeld dink sien ek jou 19 jaar oud,in die vleur van jou lewe,met n glimlag op jou gesig.Ek onthou daai dag by die hoofhek op Diskobelos,toe jy een van 6 makkers was wat ons verloor het,toe daai lorrie met julle agterop gerol het.Ek onthou die skok en hardseer toe ek hoor jy is dood.Ek onthou toe ek jou sussie ,Hubi,ontmoet het 2 jaar daarna,ek en sy het heel terloops mekaar op Stellenbosch berg raakgeloop,en heel terloops uitgevind dat ons altwee iets in gemeen het.Daai mooi somer in Stellenbosch wat jy moes gesien het.Daai mooi somers dag was een van die hardseerste toe ekvir jou sussie se,ja ek het Jaco goed geken.