by
Admirer on 27 March 2007 · via
sourceA man who gave his life for his family, friends and country. He gave his best to the end, never considering himself, dedicated to the brave service he delivered upon all! A true hero, you live through your son ... a dedicated young man with his father's soul (a picture of you inside and out).
Sersant Wynand Jacobus Hawkins : Wynand het in 1977 by die lugmag brandweer aangesluit na 4 jaar by die Pretoria Brandweer, en as korporaal na Langebaan verhuis waar hy vir 2 jaar gestationeer was. Einde 1977 meld hy aan vir Grens Diens te Grootfontein. Hy het bevordering ontvang tot Sersant in 1978, en ontvang die Honoris Crux vir dapperheid. In 1979 word hy verplaas na Devon, en einde 1979 meld hy weer aan by Grootfontein. 1981 word Sersant Hawkins weer verplaas na Waterkloof Lugmag Basis, en lewer weer grens diens in 1983 by Omega Basis. Op 21 Mei 1985 is hy oorlede in 'n brand by die Sasol Depot in Pretoria Wes. "Hy was 'n godvresende man en het 'n hart van goud gehad. Wynand was 'n wonder man vir my en 'n goeie pa vir sy 2 dogters op daardie stadium. Niks was ooit te veel vir hom nie, hy was baie behulpsaam en 'n geliefde persoon. Sy oorlede pa het altyd gese "Jy is my tjom, my beste tjom in die wereld"." Kirsten Hawkins
Vir n beter Pa sou ek nie kon vra. Met my geboorte, en elke mylpaal in my jong lewe, tot koffie in die bed was hy daar vir my en aan my ma se sy. Pa was soms streng, maar regverdig. Saam het ma en pa my geleer van liefde, respek en eerbied vir mekaar, en vir God. Pa was altyd reg met n grappie of twee, veral met Ouma en Oupa Hawkins! Ons het baie daar gekuier en gebraai. Dit was Pa se lewe. Hy het altyd baie liefde en wedersydse respek teenoor sy ouers getoon. My pa moes baie weg gaan grens toe, dan was sy klossie (my bynaam) baie siek, sommer vir dae aaneen. Ek het altyd geweet hy kom terug met ietsie mooi vir my. Toe Lizelle gebore is, was pa baie trots. Ons was 'n gesinnetjie van vier. Maar diep in sy hart het hy gehinker na 'n seun ook, min wetend dat hy wel eendag sy seun sou kry! Pa was n man van durf en daat. Een aand is ons almal saam geroep en die nuus gekry, dat ons 'n boetie of sussie gaan kry, ons was so opgewonde! Pa was so trots, en ons het gewag en gewag. Tot daardie tragiese dag. Ek is by die skool kom haal, en ma het gese "my bokkie jy moet sterk wees", en ek wou weet waar my pa is? ek het net geweet. Verder het alles net te vinnig gebeur. Almal het net gese dit was 'n ongeluk, hy het onherkenbaar verbrand. Ek moet hom onthou soos hy was! Ek mag hom nie gesien het nie, ek kon nie afskeid neem nie. Dit was te veel vir my!! Die begrafnis was vol milkier. Brandweerwaens, kanonskote, en almal wat eerbiedig afskeid neem van 'n geliefde vriend, eggenoot en pappa. Als het gevoel of dit tot stilstand gekom het. In die kort tydjie wat ek gehad he tom hom as my pa te ken, was hy my held! Adele (Hawkins) Koen
Pappa, Dis vandag Pappa se verjaarsdag, en ek wens en verlang met my hele hart dat ek vanoggend vir pappa n stywe drukkie kon gee en vir pappa kon se; Gelukkige verjaarsdag, en dat liewe Jesus pappa nog lank vir ons almal moet spaar. Ek wens ek kon vir pappa se hoe lief ek pappa het, en hoe baie ek verlang! Ek wens ek kon weer op pappa se skoot sit as ek nie lekker voel en weet dat pappa alles sal beter maak. Pappa, jy is en sal altyd my held bly, en die grootste wens van my hart is dat pappa en Wynand net vir een dag bymekaar kon wees, pappa sou regtig so trots op pappa se seun gewees het. Hy verdien om na pappa vernoem te word! Pappa, ek is en sal ook altyd baie lief wees vir pappa en ek verlang elke dag van my lewe na pappa. Ek weet pappa is op n beter plek, en dat ons almal (mamma, pappa, Adele, ek en Wynand) weer eendag bymekaar sal wees. Ek bere pappa in n baie spesiale gedeelte van my hart, waar niemand my herinneringe kan wegvat nie. Pappa se klein dogtertjie vir altyd, Lizelle XXX Lizelle Hawkins
by
Rene Ludick on 22 May 2007 · via
sourceVir die gene wat nie reeds die verhaal van Sersant Wynand Hawkins ken nie: Soos sy dogters hom beskryf; n Man van durf en daad se Adele, en n Pa wat als beter kon beter maak onthou Lizelle. Sy vrou het hom geken as n man wat die lewe vierkantig in die oe kon staar, vir geen oomblik sou terugdeins, maar altyd Godvresend bly staan het. Hierdie man het sy lewe op die spel geplaas om ander te dien, sy land, sy gesin en familie, maar ook sy naaste. Sy nederigheid is net n wonder, want met die inbors van n kryger, en die hand en hart van n seun, pa en eggenoot is dit die kombinasie wat jy selde indien ooit sou teekom. Wynand Jacobus Hawkins is in Pretoria gebore, sy Pa het hom as beste vriend en seun geken. Vandag nog dink sy Ma met tere herinnering aan haar geliefde seun wat soveel vreugde en trots aan hul besorg het. Van sy dae as skool seun aan Laerskool Tuinrand, tot sy Hoerskool loopbaan by Tuine was Wynand doelgerig en wou hy reeds brandweerman word. So het Wynand se loopbaan ontluik tot hy na Waterkloof Basis verplaas is, en die oggend van 21 Mei 1985 van sy gesin afskeid geneem het met die woorde SIEN JOU MORE OGGEND. Die ontploffing by Sasol in Pretoria Wes het die Pathfinder binne sekondes in vlamme gehul en uitgebrand. Sersant Hawkins, Kpl. Clenche en Lugman Knoetze het in die ontploffing gesterf. 25 Mei 1985 is hy in die Nuwe Helde Akker in Pretoria begrawe. Sersant Hawkins het 12 jaar sy lewe gewaag, sy dogters en vrou agtergelaat, maar ook sy ongebore seun waarvoor hul gewag het. Vandag leef die herinnering aan Sersant Wynand Hawkins voort, deur sy dogters, maar ook in besliste tred deur sy seun Wynand Hawkins Jnr.