PDF
« Previous

Van Niekerk, Johannes A. (J A)

Next »
No photograph available — remembrance poppy
Identity
Person No.
44303
Old ROH no.
31871
Service No.
Unknown
First Name
Johannes A.
Initials
J A
Date of Birth
Unknown
Est. Birth Year
Unknown
Age at Death
Unknown
Military Service
Rank
Burgher
Defence Force
Unknown
Death Record
Date of Death
Cause code
KIA 14,310
Killed in action
Cause of Death
Killed in action, Paardeberg
Grave Reference
Unknown
Location
Locality
Unknown
Cemetery
Wolwekraal
Notes

Address: Frederikstad, Potchefstroom. WMBR id 3452

Citations
Unknown
External References
Stories 1
on 17 August 2026
Die kinders van president Gerrit Jacobus van Niekerk en Hester Cecilia Roos 1. Johannes Antonie van Niekerk, gebore op president GJ van Niekerk se plaas Niekerksrustnaby Schweizer-Reneke in circa 1870 en hy sneuwel op 20.02.1900 by Paardeberg x Margaretha Isabella Rautenbach *13.10.1876, en gedoop 18.12.1876 op Bethlehem. (Margaretha Isabella was swanger met haar vierde kind toe haar man gesneuwel het). Kinders: (i) Gert Jacobus *06.09.1895 (ii) Magdalena Alberta *17.12.1896 (iii) Hester Cecilia *28.08.1898 (iv) Johannes Antonie *28.07.1900. Die weduwee, Margaretha Isabella van Niekerk (née Rautenbach), hertrou met Louis Johannes Botha, seun van Francois Marthinus Botha en Aletta Sophia Uys. Louis boer op die plaasGoedgevonden, distrik Standerton en sterf op 13.07.1938 in die ouderdom van 34 jaar en 7 maande. Louis Johannes Botha en Margaretha Isabella het drie kinders gehad: (i) Margaretha Maria Botha *06.12.1925 (ii) Aletta Sophia Uys Botha *26.01.1930 (iii) Susanna Christina Wilhelmina Botha *02.07.1933. (Uit die voorafgaande gegewens kan afgelei word dat Louis Botha heelwat jonger as Margaretha Isabella moes wees en dat sy reeds in haar veertigs was toe die drie kinders gebore is). Johannes Antonie van Niekerk: As oudste seun en broer het die res van die familie hom die noemnaam Oubaas gegee. Oubaas het met sy sterk persoonlikheid groot bewondering en respek by sy broers en susters afgedwing. In die tye wanneer hul vader uithuisig was met vergaderings, dikwels so ver as Pretoria, het Oubaas benewens sy ander verpligtinge sy rol as boer en leier van die gesin sover moontlik op hom geprobeer neem. Hy was nie net ‘n goeie gesinsmens nie, maar ook 'n bedrewe perderuiter en ‘n uitstekende skut. Hy en sy moeder, Hester Cecilia, het graag skyfgeskiet en dit is waarskynlik die rede waarom sy later gereeld die mans die loef afgesteek en wye bekendheid as baasskut verwerf het. President Van Niekerk was baie trots op sy oudste seun en dit was dus in ‘n sekere sin ‘n bestiering dat hy self nie meer geleef het toe sy seun in diens van sy volk op 20.12.1900 by Paardeberg in die ouderdom van dertig jaar gesneuwel het nie. Die gebeurtenis het die familie diep geskok, maar ongelukkig is dit nie bekend wat die presiese omstandighede was toe hy op daardie noodlottige dag 'n skietdood gesterf he
Dedications

No dedications have been added yet.