on 20 August 2006 · via
sourceEK CARL TRAHMS WAS SAAM MET WEIDEMAN IN DIE SEKIE EN SAAM MET HOM OP DIE BUFFEL TOE DIT GEROL HET. ONS ALMAL WAS SAAM OP DIE BUFFEL EN VASGEGORDEL.WEIDEMAN EN DIE SEKSIELEIER WAS NIE WAS GEGORDEL NIE. DIE DRYWER HET HARD GEREM VIR N VOERTUIG VOOR ONS EN DIE SLEEPWA HET GEJACKKNIVE EN DIE GEWIG VAN DIE SLEEPWA WAS SWAARDER AS DIE BUFFEL EN ONS HET GEROL.DIE ROL WAS ERG EN WEIDS HET UITGEVAL. DIE BUFFEL HET AMPER OP SY VOETE GELAND MAAR HET TERUGGEVAL OP WEIDS. HY HET NIE N MERK OP HOM GEHAD NIE EN EK KON NIE GLO HY WAS DOOD NIE. DIT WAS ERG. EK ONTHOU DIE MEISIE WAT HY VOOR SY DOOD GEHAD HET.HY WAS BITTER LIEF VIR HAAR EN SY WAS BAIE MOOI EN ENGELS AS EK REG KON ONTHOU. EK SALUEER HOM EN SY OUERS VANDAG WANT EK WEET HULLE WAS BAIE LIEF VIR HOM EN EK WEET DIE SEER WAT DAAR IS KAN NET NOOIT GENEES NIE. L/KPR CARL TRAHMS
by
John Lombard on 09 July 2007 · via
sourceEk, John Lombard was een van Weids se persoonlike vriende en as ek vandag hier moet sit en vertel van wat ons alles saam beleef het gaan die brief te lank wees. Ek was een van hulle wat eerste op die toneel was. Waar ons die krag gekry het om daardie buffel op te tel weet ek nie. Ek het reg langs hom gestaan terwyl die buffel opgetel word en ek sien nou nog sy kop wat so skud op die grond toe hulle hom uit trek en iemand se hy is dood. Weids ek het nog nie een ou jaar beleef wat ek nie aan jou dink wat daardie middag 16H40 gebeur het nie. Ek wens ek kon alles deel wat jy met my gedeel het hier vir ander om te hoor. Maar daar sit die trane te veel. Ek was bevoor reg om sy begrafnis by te woon en ek glo die hele Kompanje wou daar wees. Maar ons was almal daar op parade toe ons die gedenksteen in gehuldig het. Wat n dag en met groot hartseer kon ons jou salueer. Ek dink baie aan sy ouers en wat hulle my vertel het. Weids jy was spesiaal. Die belangrikste was dat jy jou hart vir God gegee het en dit is my berusting. Man ons kon darem lekker darts gespeel het. Daar het ek en hy gerule. Weids mis jou.
on 20 January 2008 · via
sourceMy naam is Morne Weideman jongste broer van Andre Weideman. Wil net baie baie dankie se vir al die mooi "dedications". Andre sou vandag sy 46ste vejaarsdag gevier het. Ek en my familie het vandag die geleentheid gehad danksy Jaap Lourens om die Morne Weideman
Andre, vanjaar is ons 30 jaar re-unie by Florries..ons het jou naam op die gedenkblad van ons skoolgroep gesit, dis nou 28 jaar gelede dat jy dood is, jou foto is ook op die klasfotos, ons was so vol lag en grappe en bollie droogmaak. Jou naam is ook op die mooi nuwe gedenkmuur by die Voortrekker Monument. Rus in vrede ou vriend, ons sal jou nie vergeet nie. Jaap Lourens 78331881BT
by
Jaap Lourens on 01 August 2011 · via
sourceOns het nou 'n mooi gedenk-muur by die Voortrekker Monument vir die manne, in die lekker sonskyn en vo?ltjies wat in die bome sing, en 'n jaarlikse parade vir die manne wat se name op die muur is.
on 17 August 2026 · via
sourceMy naam is Jaap Lourens, radio operateur vir Pel.3 D- Komp, 6 SAI, soos in 1981 - 83. Weideman en ek het saam in 1980 aan die Hoerskool Florida gematrikuleer, en daarna saam opgeroep in 1981 vir diensplig te 8 SAI, Upington, waar ons Basies en vakopleiding voltooi het, en laat'81 is ons na 6 SAI op Grahamstad verplaas, as 'n kompanie in geheel. Vroeg in 1982 is ons in Ovamboland, 52 Battaljon, Sektor 10 te Okalongo ontplooi. Laat '82 het ons vir 'n paar dae tuisverlof gehad, en by ons terugkeer in Ovamboland, soos gewoonlik weer 'n week of twee op Oshivelo opleiding gedoen, voor ons na ons volgende basis, Concor op die pad na Ruacana ontplooi sou word. Ons kompanie bevelvoerder was 'n Maj. Shoam,'n ongure man, wat min tyd vir sy troepe gehad het, en hy het vooruit, teen hoe spoed vertrek, om eerste die basis te bereik. Die res van die konvooi Buffels het teen hoe spoed moes ry om te probeer by bly, en soos gewoonlik was niemand van ons vasgegordel nie. Ons Buffel het 'n treiler met kit agter aan gehak gehad, en op 'n gedeelte van die pad wat geteer was, was daar klein stormwater bruggies, vol sand. "n Slaapsak het van ons treiler geval, en die Buffel drywer agter ons het skerp gerem. Die Buffel agter hom was te naby, die een met Weideman en die ander seksie-leiers op, wat ook nie vasgegordel was nie. Die gevolg was dat hulle voertuig ge-knipmes het, en deur die stof kon ek die Buffel omtrent 4m hoog deur die lug sien trek. Die voertuig het reg op Weideman se kop geval, en hy is op slag dood. Van die ander seksie- leiers is ook erg beseer. Hoe ons dit gedoen het weet ek nie, maar ons het die Buffel opgetel, en ons het sy liggaam uitgesleep. Vandag 22 jaar na die voorval, onthou ek dit steeds baie goed, en ek dink gereeld aan ons makkers wat nooit terug gekom het, gestudeer, getrou en kinders kon he, wat eendag vir hulle seuns stories van die Grensoorlog kon vertel nie. Ook aan die 100de ander wat ek nie eers geken het nie, maar ons almal wat bereid was om vir ons land bloed te stort, is ons almal Broers. Ek salueer julle almal, al het ek julle nie geken nie, maar sal julle altyd onthou. Ek en duisende ander was gelukkig om lewendig terug te kom, maar tog, in ons lewens, was dit een ondervinding wat geen geld ooit sou kon koop nie. Jaap lourens loure