by
Rory Phillipson on 17 September 2004 · via
sourceJohan Le Roux, died during a follow-up operation on 10/8/1978, near Nkongo in Owambo Land. He will always be remembered by his Brothers In Arms from 5 SAI (54 Bn-B Coy platoon 2.(July 77 intake) Rest In Peace Johan.
Van Doug Brown:
5SAI, Eenhana (korreksie: Nkongo. Dankie Blackie & Henk), 10/08/1978. Viljoen KP, O/Kpl. en Le Roux JG, Sktr: Per ongeluk gedood deur mede-troep met ‘n 103 Granaat.
Die gebied wat gepatroleer was, was berug vir SWAPO aktiwiteite. Daarom het almal met hul vuurwapens, alreeds gespan en met die geweer op ‘R” geloop. Diegene wat met die 103 geweer granaat geloop het, het ‘n balistiese ronte in die “kamer” gehad, die granaat was op “L” gestel en die R1 geweer op “R”.
Die 103 granaat het twee bewapen verstellings nl. (N) vir (near-distance) naby afstand en (L) vir (long-distance) vêr afstand. Ongeag of die teiken vêr of naby is, sal die granaat homself eers bewapen na omtrent vyftien meter vlug-tyd. Ons het altyd met dit op “L” geloop, aangesien die meeste gebiede in Owamboland dig bebos was en ons wou nie tydens nabye-kontak met die vyand, dit afvuur en ons eie magte in gevaar stel nie.
Op diè tragiese dag was die Peleton ‘n dag oor hul beplande voet patrollie. Met kos en water reeds uitgedien, was sommiges moeg en negatief toe die Buffels hul kom oplaai. ‘n Troep, waarvan die naam bekend is, maar nie gemeld sal word nie, het gestruikel en met die opstaan, het hy per ongeluk sy R1 se sneller getrek. Die 103 geweer-granaat vooraan sy geweer het afgegaan en drie meter verder Johan Le Roux agter in sy rug getref, waar hy besig was om teen die Buffel uit te klim. Karl Viljoen het gewag om op te klim, en was deur ‘n klein stukkie skrapnel in die bors getref. Beide was opslag dood. Almal het hul gehaas na Johan, wat ‘n ooglopende ernstige wond opgedoen het. Niemand het dadelik iets agtergekom met Karl nie. Hy het net daar eenkant gelê met absoluut geen merke of bloed aan sy ligaam nie. Eers het hulle gedink hy is dalk net bewusteloos weens sy nabyheid aan die ontploffing. Iemand het sy polslag geneem en agtergekom daar’s groot fout. Toe hulle sy hemp ooptrek, sien hulle die klein gaatjie in sy bors.
Na die insident moes ons ons “geveg-gereedheid” aanpas en met vuurwapens, alhoewel met ‘n ronte in die “kamer”, op “S” (Safe) patroleer. Daar was ook ‘n ondersoek gelas deur die wapenkundiges, spesifiek die ontwerpers en vervaarigers van die 103 granaat.
Karl en Johan; Rus in Vrede Broers. Ons sal Julle vir altyd onthou...
(Ns. Karl se rang is verkeerd aangebring op die Muur te Voortrekker Monument)