PDF
« Previous

Jordaan , Hendrik Kasper (H K)

Next »
Identity
Person No.
30909
Old ROH no.
1891
Service No.
79524755BG
Last Name
First Name
Hendrik Kasper
Initials
H K
Date of Birth
Age at Death
20
Death Record
Date of Death
Cause code
KIA 14,778
Killed in action
Cause of Death
Killed in action, north of Etale, in Sector 10. His horse stepped on landmine
Military Service
Branch
Army
Rank
Rifleman
Regiment
Unknown
Defence Force
SADF 3,834
South African Defence Force
Awards
Pro Patria Medal
South Africa
Pro Patria Medal warrant, Government Gazette No. 5171 (25 Jun 1976), Rule 5, as amended by GG No. 5575 (3 Jun 1977); discontinued by GG No. 25213 (25 Jul 2003, Schedule corrected by GG No. 26778, 17 Sep 2004) for service on/after 27 Apr 2003. Gazette extracts: https://rohsa.co.za/award.php?id=24
Notes

Son of Mr. and Mrs. J. L. Jordaan

Research notes

Colyn Brookes, Mibisa: Volume One – Western Cape (Lulu, 2013, ISBN 9781447682523): Touwsrivier Cemetery Hero’s Acre D3, Hero's Acre D3.

Citations
Unknown
External References
Stories 2
by johansamin on 18 April 2016 · via War in Angola
Die storie van Weerman Hendrik Jordaan soos vertel deur Christo Giani.. RIP SALUTE
Die ruiter, die perd en die landmyn
Die S.A. Polisie se Koevoet eenheid ZF werk vanuit Etale. Ons is nog in die basis besig toe ons ‘n ontploffing hoor. In die rigting van die ontploffing sien ek die rookwolk uitstyg. In die basis is daar ‘n geskarel en ek aanvaar dit is reaksie dril na aanleiding van die ontploffing.
Ons gevegsgroep bevelvoerder Frans Conradie is na die beheerkamer terwyl ons by die karre wag (ons het altyd ons Casspirs karre genoem), gereed om te uit te beweeg. Hy is terug in sy kar en begin ry, ons agterna. Hy se niks oor die radio nie en ek aanvaar as hy iets wou se dan het hy al – ek ken hom so. Ons ry langs die groot wit stof pad, ek kom agter dinge is anders want ons het mos maar altyd op die pad gery tot frustrasie van die die manne wat landmyne op die paaie soek.
Voor sien ek iets aan die gebeur, daar is voertuie, mense, perde. Ons hou stil en ek sien die gat in die grond met dele van mens en perd en bloed, ooral. Instinktief gee ek die “f” woord gevolg deur ‘n skiet gebed. Hulle se die perd het ‘n landmyn raak getrap.
Hierdie ruiter en perd met landmyngat se toneel klim aggresief in my geheue en steek vas om vir altyd te bly. Ek kyk rond, nog manne met hulle perde is daar. Terwyl ruiters agter rondjaag en op mekaar skreeu, maak die perde ‘n groot indruk op my, hulle is onrustig en trap rond. Hulle runnik kort kort, asof hulle weet ook hulle het ‘n kamaraad verloor. Dan sien ek ook manne op die grond sit, hulle is duidelik geskud.
Ons ry en ek kan hoor en voel die atmosfeer in my kar is anders. ZF se manne praat met mekaar in oshivambo in so ‘n mannier dat ek verstaan dat hulle ook aangegryp is. Ons draai af en stop by ‘n kraal, daar word elke man, vrou en kind eenkant toe gevat en ondervra. Ons spoorsnyers soek ooral op die rond met hulle stokkies soos ‘n hoender wat loop en skrop. Ons ry na die volgende kraal en dieselfde ding gebeur ook daar. My konsentrasie is min by wat ons doen want ek probeer nog verwerk wat ek vroeer beleef het
.
Ek kan nie onthou of dit dieselfde dag of eers daarna was nie, maar ons kry spore en die opvolg begin. Ek en almal is gefokus Die spoor word warm en Frans roep die gunships (helikopters), kort voor lank klap die skote. Ons skiet twee. Terwyl ons die lyke aan die karre vasmaak vra ek vir Bennie wat my owambo vriend en Koevoet adjudant offisier is, “dink jy dis hulle wat die landmyn geplant het” Bennie se hy weet nie “maar miskien dis hulle”. Dit laat my beter voel.
Ons ry terug basis toe en ek begin weer dink oor die perd wat die landmyn getrap het. So ‘n klein teiken om deur ‘n perd raak getrap te word dan nog die landmyn afsit, ek het nooit kon dink ‘n perd sal ‘n myn kan aftrap nie….. My gedagtes is weer by die ruiter en ek glo ek kon sien dat hy ‘n kind was….wel kinders was by die huis en dit is soldate wat op die grens is, help ek mysel reg. Of ek dit gesien of aangevoel het weet ek nie maar ek weet hy was jonk en dit pla my, as hy dan nie ‘n kind was nie, was hy iemand se kind!
Met ons aankoms by die Etale basis is daar ‘n gejuig toe die manne die lyke van die terre vasgemaak op ons karre sien. Hulle help ons aflaai. Daar is baie kommentaar en ek kan hoor hulle voel tog dat vergelding het plaasgevind. Ek wil dit ook glo maar ek weet nie of dit so is nie en ek hou my uit hierdie soort geselskap.
Vervolg onder...
by johansamin on 19 April 2016 · via War in Angola
Vervolging van Christo Giani se huldeblyk (sien bo)...
Die aande daarna besoek hierdie uitgekerfde landmyn toneel van my geheue my weer en weer. Dis asof ek vir myself vra wat het ek hieroor te se het? Daar kom tog ‘n dankbaarheid in my op, nie oor die man wat dood is nie, maar oor hoe hy dood is. In daardie stadium was ek al ses jaar polisieman en ek val terug op ervaring wat vir my se dat hy nie eers geweet het hy is dood nie. Die ontploffing en die impak op sy liggaam was net te geweldig…..alles net te groot en vining. Ek weet ons kan nie kies hoe ons eendag doodgaan nie maar as my dag moet kom, moet dit asb nie anders wees as wat dit was vir die man op sy perd nie, redeneer ek by myself…. pynloos sonder ‘n doodservaring!
Nou na omtrent 34 jaar wat verby is wonder ek nogsteeds baie oor hierdie ruiter en sy familie. Ek wil glo dat hulle berusting gevind het, want tyd bring genesing. Ek weet egter hulle het nie vergeet nie want ons het nie vergeet nie. Ek weet hulle wil hom nog vandag by hulle gehad het - wou nog met hom lag en gesels. Maar dit is nou anders.
Ek hoop sy familie, kollegas en vriende sal my verstaan as ek se dat die wyse van sy dood op ‘n manier beminlik is. Hy is vinniger as skielik dood. Hy en sy perd was altwee soldate en as kombinasie is hulle ons vooruit. Die Bybel se Jesus ry met ‘n wit perd en ek wil glo dat hy en Jesus baie vermaak het met hulle perde daar waar hulle is. Soos wat my hart vir die ruiter en sy familie uitgaan, is ek intens bewus van die beredemanne wat die dag daar was. Hulle moes die skokgolf van die landmyn en tragedie baie intens beleef het. Ek probeer dink hoe hulle hulle perde onderbeheer moes kry, wie het afgeval, wie het seergekry…. Ek glo dat net oomblike voor die ontploffing het hulle nog saam gepraat en sekerlik ‘n grapie kon maak. Dan, die toneel van dood vir mens en dier wat opgeruim moes word, die liggaam in die “body-bag” kry, dit alles het sy kollegas moes doen, ek probeer hulle gesigte onthou…ook maar net kinders. Ek weet hulle het dit met eer en respek gedoen maar ek weet ook binne hulle binneste het dit geruk!! Ek weet dat daai mes wat in my geheue die dag se gebeure uitgekerf het, dit by hulle ook gedoen het; ek dink net met baie dieper snye uitgekerf, hulle het hom geken, ek nie.
Gun my asseblief die geleentheid om hulde te bring aan nommer 79524755BG “Rifleman” Hendrik Kasper Jordaan van SWA Spes Eenheid SWATF, verbonde aan Battalion 53 en wat op 3 April 1981 sterf toe sy perd n landmyn aftrap naby Etale, Owamboland. Hy was net 20 jaar oud.
[Deur Christo Giani]
Dedications 1
on 09 October 2007 · via source
I remember that fateful Friday your horse stepped on the mine. I also remember you clasping my hand those last moments. You are not forgotten. Arno Hauptfleisch (Sgt Haupy)